1. Netbal
spelers elk kompiteer om meer punte as die ander span
aan te teken. Die sport is afkomstig van basketbal.
2. Rugby
Rugby is 'n spansport waar twee spanne teen
mekaar deelneem vir besit van 'n ovaal bal. Elke
span bestaan uit15 spelers elk. Elke span
probeer meer punte as die opponent aan te
teken.
3. Tennis
spanne met 2 lede elk (dubbels) gespeel word.
Die leerders maak gebruik van 'n rakket om die
bal heen en weer tussen mekaar te slaan.
4. Hokkie
Hokkie is 'n spansport wat op 'n veld soortgelyk aan dié
van sokker gespeel word. Die spel word gewoonlik deur
twee spanne teen mekaar gespeel met 11 spelers in 'n
span. Die doel van die spel is om die bal in die opponent
se doelhek te skiet.
Krieket is 'n kolf-en-bal sport wat gewoonlik tussen
twee spanne van elf spelers elk gespeel word.
Krieket is 'n bal- en kolfsport waarvan die doel is om
meer punte (lopies) as die ander span aan te
teken. 'n Wedstryd word opgedeel in beurte,
waartydens die een span boul en die ander span
kolf.
6. Sokker
gespeel word tussen twee spanne wat elkeen
bestaan uit 11 spelers en word beskou as een
van die gewildste sportsoorte ter wêreld. Dit is
'n balspel wat op 'n reghoekige grasveld ge-
speel word. Die doel van die spel is om punte
aan te teken deur die bal in die teenstanders se
doel in te beweeg.
7. Jukskei
Jukskei is 'n spansport wat inheems aan
Suid-Afrika is en word deur mans, vrouens
en kinders gespeel. Die spel is 'n somer-
sport en word deur twee spanne van vier
spelers elk met twee rubber- of houtskeie
gespeel wat tussen 11 en 16 meter na 'n
houtpen in 'n sandput gegooi word.
Jukskei kan deur 1 persoon(enkels), 2
persone (dubbels), 3 persone (trips) en 4
persone (4 span) gespeel word. Jukskei
is ook 'n sport waar twee spanne teen
mekaar kompiteer.
8. Atletiek
Atletiek is die kollektiewe begrip vir verskeie
sportaktiwiteite waarin deelnemers hardloop,
spring of voorwerpe gooi. Atletiek bestaan
ook uit 2 verskillende terme byvoorbeeld baan-
en velditems. Die twee terme behels dan weer
verskillende aktiwiteite wat plaasvind.
- Kommunikasie vaardighede word in die volgende sportsoorte aangeleer:Netbal, Rugby, Sokker, Hokkie, Jukskei, Krieket, Tennis en Atletiek.
- Balvaardighede word in die volgende sportsoorte aangeleer:Netbal, Rugby, Sokker, Hokkie, Tennis en Krieket.
- Hand-oog koordinasie word in die volgende sportsoorte aangeleer:In alle bogenoemde sportsoorte.
- Spanwerk word in die volgende sportsoorte aangeleer:Alle bogenoemde sportsoorte.
Die blog is baie goed uiteengesit met die verskillende sportsoorte. Daar kon dalk net nog meer sportsoorte verskaf word byvoorbeeld swem. Die kontak besonderhede van elke sport kon dalk ook verskaf word, sodat die persoon as hy wou dalk meer van die sportsoort kon uitvind.
ReplyDeleteDit is lekker dat die woorde saam die prentjie gelees kan word, sodat die persoon meer verstaan. Dit is lekker dat die sportsoorte algemene sporte is wat die leerders kan beoefen in enige skool.
Melanie Dippenaar 21220638
San-Marie Britz 21088942